[0:00]Welkom by die tweede dag en die tweede deel van ons Cherry nuwe energie voertuigreis vanaf Johannesburg deur tot Port Elizabeth. Nou vandag ry ons van Colesberg na Port Alfred toe in die tweede deel en ek is vandag agter die stuur van hierdie, die Tiggo 9 Plug-in Hybrid Electric Vehicle. Nou hierdie is Cherry se reeks leidende voertuig en so ek sien uit om te sien wat gaan vir wat veral as ons in ag neem dat hierdie natuurlik ook 'n hibriede weergawe is van die voertuig. So, jy sal my weer kry wanneer ons in die voertuig is deur na Port Alfred toe. Die gewone binnebrand enjin weergawe van die Tiggo 9 begin vanaf 690 000 Rand. Die PHEV weergawe wat ons het spring dan op met 'n beginprys van 840 000 Rand as gevolg van daai hibriede tegnologie. Te danke aan sy 1.5 liter vier-silinder turbo-enjin en elektriese motors bied hy 'n majestueuse 455 kilowatt en 920 Newton meter se wringkrag, wat genoeg is om 'n teerpad te verkreukel. Cherry beweer ook 'n rykafstand van 1400 kilometer met hierdie voertuig. So, hoe vertaal dit alles tot op die pad? Reg, wel ons is nou goed op dreef na ons tweede bestemming van hierdie reis na Port Elizabeth toe. Ons is nou in die pragtige uh, Noord-Kaap en dit is so wonderlik en reënerig met die wind op 'n agtergrond en die wolke is op die berge. Maar, jy stel nou seker belang in wat ek tans ry, dit is die Tiggo 9. Nou soos ek vroeër genoem het, hierdie is die reeks leidende voertuig in die Cherry reeks en vir 'n handjie vol klein geld onder 'n miljoen rand, dink ek is dit 'n baie indrukwekkende aanbieding wat Cherry hier vir ons gee. Nou, wat dit is is seker die die luuksste kar wat Cherry maak vir byvoorbeeld moet ek liewers sê die Tiggo 8 het jy nie die masserende sitplekke vir die passasier terwyl hierso ek vandag in die bestuurder se plek ook daai masserende sitplekke het. Maar ek dink wat my uitstaan vir hierdie een vir die Tiggo 9 as teen die Tiggo 8, is net die gemak wat hy aanbied. Dit is regtig 'n baie lekker plek om te wees en vir die lang afstande wat ons uh doen op hierdie reis dink ek is dit 'n baie lekker plek om te wees en jy gaan glad nie teleurgesteld wees met die reis ervaring nie. Nou, buiten dit natuurlik, het ons die se stelsel ook deel van hierdie kar en tans het ons omtrent so 8.6 liter per 100 kilometer wat ons in hierdie kort rukkie wat ons al gery het. Ek is seker ons gaan dit af kry soos wat ons aanbeweeg na Port Alfred toe. Maar, ook om te sê natuurlik hy het verskeie ry-modusse, so jy het jou sportmodus, jou eco-modus, normale modus en gister op die grondpad het ons hom so bietjie in die sportmodus gesit en ek moet sê die vastrappeer van die Tiggo 9 is regtig baie indrukwekkend op losse grond. Want 900 Newton meter se wringkrag en omtrent 45 kilowatt se uitset, is dit regtig nie te versmaai nie. Dit is nogal vreemd, ek dink omdat dit 'n redelike swaar kar is, hy weeg omtrent 2.8 ton. Wel jy jy is nie noodwendig bewus dat dit so baie wringkrag is nie, so ek dink die gewig steek dit half bietjie weg, maar nie te min wanneer jy jou voet neersit, jy het meer as genoeg um, ja verrigting om jou te kry waar jy moet wees. So, so ver geniet ek my tyd in die Tiggo 9 verskriklik baie, maar ons is nou op dreef na ons eerste stop vir vandag wat Cradock is. Waar ons 'n drywer ruil sessie hê en soos wat ons nou hierso 'n lekker paar draaie kry, voel jy regtig dat hy hy voet op die pad vasklou. En ek dink dis ook wat jy wil hê in 'n in 'n langafstand kar, so ons het so 'n lekker Tiggo 8 wat hierso vir by ons ry met die lekker wolke en reënrigheid wat ons hier in die Noord-Kaap ervaar. So, dit is alles wat ek nou vir jou te sê het. Ek kry jou weer seker bietjie later waar ons by 'n natuurreservaat 'n drive gaan maak, so dan gaan ons 'n paar lekker videos en kiekies daar kan neem. Die 430 km vanaf Colesberg na Port Alfred toe was 'n mengelmoes van sonskyn, reën, teerpad, grondpad en slagate gewees. 'n Geleentheid om die Tiggo 9 in verskeie toestande dan te ervaar. En met die meeste binneruimspasie van al drie die modelle wat ons getoets het, was al vier van die insittendes baie gelukkig gewees.
[4:42]So, hier is ons na 'n paar honderd kilometer is ons hier by 'n wildreservaat, ons eindbestemming net buite Port Alfred en wat kan ek sê oor die Tiggo 9? Ek dink dit is regtig 'n indrukwekkende kar om die minste te sê. In terme van die brandstofverbruik, onthou hierdie is 'n 2.8 ton kar, het hy omtrent, ons het so 4.4 liter per 100 km gesien, so ek dink dit is baie indrukwekkend vir so tipe kar. Maar buiten dit is hy 'n baie verfynde kar en ons het regtig ietsie van alles gehad. Ons het reën gehad, ons het grondpad gehad en slagate natuurlik, ons weet in Suid-Afrika is dit iets wat 'n mens nie regtig kan vermy nie, maar hierdie kar het dit regtig goed hanteer. So, dit is ons tweede dag en die tweede deel van ons reis van Johannesburg deur na Port Elizabeth. Maak seker jy bly ingeskakel op Maroela se sosiale media blad vir die derde en finale deel van ons reis waar ons 'n samevatting sal vat van wat ons beleef het.



