Thumbnail for Daar is Hoop. by Wynand van zyl

Daar is Hoop.

Wynand van zyl

3m 30s411 words~3 min read
Auto-Generated

[0:00]Daar is hoop. Toe Angela Laken in 2009 'n naam vir haar organisasie gesoek het, wou sy iets kies wat haar doel perfek beskryf het. Daarom het sy dit Tanda wat lief hê in Zulu beteken genoem. Tanda voed en versorg die fags weeskinders in die armste gebiede van KwaZulu Natal. Angela is trots op haar span. Sy het mense uit dieselfde arm gemeenskap waarvandaan die weeskinders gekom het, aangestel. In plaas van die weeskinders weg te neem uit hul eie omgewing word plaaslike jongmense opgelei om die kinders elke middag na skool te versorg en te leer. Die kinders het dan iemand uit hul eie omgewing as rolmodel en leer hier nuwe vaardighede. As jongmeisie het dit Angela se hart gebreek toe sy gesien het dat daar straatkinders was wat op sy paadjies onder kartonne slaap terwyl sy elke aand in 'n warm bed gelê het. Sy het net daar besluit om 'n verskil te maak. Aan die begin het Tanda elke dag vir die kinders toebroodjies gemaak, want vir die kinders was dit die enigste ete vir die dag. Toe Angela die geldprys ontvang het as wenner van die tydskrif Sari se dinamiese vrou kompetisie het dinge verander. Die kompetisie het my en my span gemotiveer om meer vir die kinders te doen, daarom was dit die moeite werd. Sy het die geld gebruik om 'n voedingsentrum met 'n groot kombuis te bou. Nou kry die kinders gebalanseerde etes. In 2014 het sy haar groot doel om 'n biblioteek te bou bereik. Nou droom sy daarvan om genoeg geld in te samel om daagliks 200 ekstra kinders te versorg. Een van die lesse wat Angela geleer het, was hoe belangrik dit is om 'n goeie verhouding met die mense wat sy help te bou. Sy het eers net in die Tanda biblioteek en kantoor gewerk. Later het sy saam met die personeel en die kinders hoenderhokke gebou. Hierdie saamwerk het haar laat besef dat sy deel van die gemeenskap is. Tanda leer die plaaslike jeug al 10 jaar by die naskoolsentrum. Hulle is deel van die geskiedenis, deel van die hede wat mense hoop gee en daaraan kinders se toekoms bou. Medelwa Makisa leer die kinders oor boerdery. Terwyl Chris Fouls hulle in kuns oplei. Angela voel trots op wat sy van haar span bereik het. Dit is wat ons anders as ander organisasies maak. Ons help die kinders om hulle trauma te oorkom en sien hulle as helde.

Need another transcript?

Paste any YouTube URL to get a clean transcript in seconds.

Get a Transcript